top of page

Suiker Bekkie

Liefde en leed:

Jaarvergadering:

Ons dink in ons gebede aan die familie van oom Hannes Du Bruyn wat in Silwer Akker oorlede is. Hy was 8 jaar ‘n inwoner van Silwer Akker.  Ons bid die familie die Here se vertroosting toe.  Ons dink ook aan elke inwoner wat tans gebuk gaan met swak gesondheid, pyn en ongemak en ons bid dat die Here aan julle genade sal skenk en aan julle genesing sal bring.  Ons bid saam met ons inwoners vir die beskerming en genesing oor kinders en kleinkinders en ons vra dat die Here ons gebede sal verhoor en aan ons vrede gee.  

​

​

​

​

Dankie vir n goeie jaarvergadering.

 

baie geluk aan die nuut verkose hvb raad : Marthie greyling, adrie snyman, irene banister, ds cobus rossouw, wesley robertson, ignatius snyman.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Baie dankie vir elkeen wat die evaluasie voltooi het en vir u positiewe insette en terugvoer.  In enige besigheid moet die dienste en vlakke van funksionering getoets word ten einde dienslewering te verbeter. 

 

​

​

​

Weens goeie beplanning en ondersteuning van die gemeenskap was ons gerat toe die water opdroog.  Die kans dat dit weer gaan gebeur en dalk meer gereeld is ‘n hartseer werklikheid weens swak onderhoud en verval van dienste oor die algemeen.  Dankie aan Marthie Van Eck, Madelein Streicher, die Beauraine’s, Lena Fourie en Oom Lourens Greyling wat gehelp het met die water.  Ook ‘n groot dank aan Ray, Deo, Petrus, Gesond en Bryan wat die water aan gery het om dit makliker te maak vir die inwoners. Probeer altyd 5lt vars water in u woning hou as voorsorg.

Evaluering van dienste:

water krisis:

WhatsApp Image 2022-03-14 at 7.16.33 AM.jpeg

ander aktiwiteite:

#Maandae en Donderdae 14:00 – Jukskei – Kontak Corie Greyling ( 0783177720)

#Maandae en Donderdae 10:00 in die saal – Oefeninge teen R50 per persoon per maand ( betaal u  R50 by Marthie Greyling)

#Dinsdae 10:00 - Bybelstudie

#Dinsdae 13:30 – Koor Oefeninge – kontak Elsa Van Niekerk (0836544769)

# Elke 2de Donderdag Fliek – Almal welkom

#Vrydae 10:00 word afgewissel met dienste en sprekers of aktiwiteite – gratis en almal is welkom

​

 

​

​

As daar ‘n gedeelte in die Bybel is wat ons as Christene vandag meer as ooit behoort te lees, is dit die derde hoofstuk van Jacobus met die bytende veroordeling van die tong en die kwaad prater.  Die tong sê; “ Hy is die vuur, ‘n wêreld van ongeregtigheid... en word uit die hel aangesteek” (vers 6). Kerke is verwoes, huise geruïneer, lewens verskroei, Christelike werk afgebreek en vriendskappe vernietig deur die tong van die kwaad prater!!. Dit is ongelukkig een van die dodelikste sondes wat daar vandag heers.  Hierdie aaklige euwel word in elke Christelike gemeenskap aangetref.  En die tragedie daarvan is dat die bose se werk gewoonlik klaar aangerig is voordat die werklike feite aan die lig kom. Ek meen ‘n leun kan halfpad om die wêreld wees, voor die waarheid sy skoene aangetrek het. 

 

Iemand wat ‘n ander se goeie naam beroof, steel van ‘n ander wat hom nie kan verryk nie, maar wat hom uiters arm laat. “ Goeie raad wat ek aan so ‘n persoon kan gee is:” Neem ‘n swart hen, pluk al haar vere uit en strooi dit op elke hoek van ‘n straat!.  As dit alles gedoen is moet daardie selfde persoon terug gaan en al die vere weer bymekaar maak!.  Maar heellaas sal hulle dit nie kan doen nie want die wind het reeds die vere weer weg gewaai!. Sodoende sal jy nooit kan vergoed vir die skade wat jou stories aangerig het nie.

 

As ‘n mens by iemand fout soek, sal jy dit stellig vind.  Foutlose mense is uiters skaars.  Buitendien is dit so maklik om die onskuldigste daad of gedagte verkeerd te vertolk, omdat jou eie oog en hart broos is, en om dan die gif van jou eie oordeel met ‘n kwaadaardige tong te versprei sonder om eers vas te stel of dit wel die waarheid is.  Voordat ‘n mens iemand beskinder, behoort jy eers vir jouself te vra; 1. Is dit waar? 2. Is dit nodig? 3. Is dit vriendelik?. Dan sal minder stories die rondte doen en meer liefde en eensgesindheid onder ons wees.  Ons almal staan op die perron en wag vir die trein, wat ons dan na ons ewige bestemming sal neem. Ek gee hiermee saam: Ps34:14 “ Om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaad praat, en sy lippe van leuens, bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na” Liewe inwoners van Suikerbos- Aftree Oord, kom ons neem hande en stap die pad wat ons hemelse Vader van ons verwag!

 Ingeotuur deur Natalie Botha (inwoner van Suikerbosoord)

 

Suikerbekkie Groete

die gevaarlike tong

bottom of page